Blad van die Herstigte Nasionale Party van Suid Afrika


Posbus 1888 PRETORIA 0001 E-Pos: afrikaner@hnp.org.za  14 November 2003 
DIE AFRIKANER SE NUUS EN AGTERGROND IS 'n BESLISTE ALTERNATIEF VIR DENKENDE MENSE WAT NIE GRAAG DEEL VAN DIE HOOFSTROOM EN DIE MISLEIDE MASSAS WIL WEES NIE...
(RED)
 
NUUSARTIKELS
	ANC se registrasie van kiesers misluk klaaglik
	DIE kommunistiese ANC se doelstelling om die afgelope naweek bykans tien miljoen kiesers vir aanstaande jaar se verkiesing te registreer, was 'n klaaglike mislukking.  Nie eers een miljoen het die moeite gedoen om op te daag nie, terwyl die oorgrote meerderheid registrasies buitendien net adresveranderinge was. 
	Politieke partye kan nie eers al die geld uitmors wat hulle van belastingbetalers kry
	DIE geld wat die verskillende politieke partye uit die belastingbetaler se sak kry, is soveel dat 'n groot aantal van hulle nie eers in staat is om dit alles uit te gee nie.  Alhoewel daar voorskrifte bestaan waarvoor die geld aangewend moet word, dek dit so 'n wyse spektrum dat hulle feitlik daardeur onderhou kan word.  Hulle hoef bykans geen geld van hul ondersteuners te kry nie.
	Afrikaners benut nie hul koopkrag in Afrikaans
	DAAR is weer in 'n ondersoek vasgestel dat die Afrikaner die grootste koopkrag in die land verteenwoordig.  Nogtans is Afrikaans die afskeeptaal in hierdie land, en is dit Afrikaners se eie skuld dat hulle taal in hierdie droewige toestand verkeer.  Afrikaners verkies dikwels om in Engels met mede-Afrikaners hul besigheid te doen.
	Gaan VF+ ook aansluit by DA-IVP-koalisie?
	NAMATE die 2004-verkiesing nader kom, word die paniek in opposisiegeledere al sterker omdat besef word dat daar nie doeltreffend teen die ANC se swart getalle opgetree kan word nie.  Dit lei tot allerhande krisisoptrede omdat besef word dat die opposisie nie teen die ANC opgewasse is nie.
RUBRIEKE, AGTERGROND-ARTIKEL & SPOTPRENT
	Hoofartikel
	Registrasie misluk
	Perspektief deur Gawie
	Vervolging van volksmoord
	Rig op die Regterflank
	Ons kan mos sonder internasionale sport klaarkom!
	Woord en Wêreld
	Ootmoedigheid en Eerlikheid (4)
	Agtergrond-Artikel
	Die geheime politieke Liefdesverhouding tussen die DP (DA) en die Mulderbroers se “Vryheids”-Front (1)
	Spotprent

Vorige uitgawes
Teken in op die gedrukte weergawe van Die Afrikaner
en lees die volledige uitgawe!
Uitgewerskennisgewing


Blad van die Herstigte Nasionale Party van Suid Afrika

Posbus 1888 PRETORIA 0001 Epos afrikaner@hnp.org.za
14 November 2003

 

ANC se registrasie van kiesers misluk klaaglik

    (Deur Jakkie Basson)


    DIE kommunistiese ANC se doelstelling om die afgelope naweek bykans tien miljoen kiesers vir aanstaande jaar se verkiesing te registreer, was 'n klaaglike mislukking.  Nie eers een miljoen het die moeite gedoen om op te daag nie, terwyl die oorgrote meerderheid registrasies buitendien net adresveranderinge was.
     
    Die amptelike syfers wat bekendgemaak is, weerspieël die droewige prentjie van die OVK se mislukking.
     
    Waar 9,5 miljoen kiesers moes registreer, het slegs 514 453 nuwe kiesers die moeite gedoen om te registreer.  Dan het 623 561 kiesers wat getrek het of in nuwe stemdistrikte val, ook hul adresse verander.
     
    Hierdie duur verkwisting van miljoene rande op 'n mislukte projek sal maar weer deur die belastingbetaler befonds moet word.  Duisende der duisende plakkate het landwyd op lamppale opgegaan om potensiële kiesers aan te maan om op 9 en 10 November te registreer.  Dan is daar ook groot bedrae geld uitbetaal aan werkers wat die registrasiekantore vir twee dae oor 'n naweek moes beman.  Ook die huur van persele waar registrasies gedoen moes word, het 'n aardige bedraggie gekos.
     
    Nou blyk dit 'n oefening in futiliteit te gewees het, aangesien skaars 10% van die potensiële registrasies plaasgevind het.  Ook advertensies in die media het groot bedrae geld uit die begroting vir die verkiesing gehap.  Dit was dus 'n groot geldverkwisting.
     
    In die lig van die mislukking word reeds voorsien dat dit opgevolg sal moet word deur 'n tweede poging, en selfs 'n derde indien dit ook weer misluk.  Dit beteken dat nog veel meer geld verkwis gaan word as wat oorspronklik in die vooruitsig gestel is.
     
    Allerhande verskonings word nou uitgedink vir hierdie reuse mislukking.  Hoofsaaklik word dit toegeskryf aan kiesersapatie, wat reeds daarop dui dat die stempersentasie ook goed benede die verwagtinge, maar veral in vergelyking met vorige verkiesings gaan wees.
     
    Dit was nie net die aantal registrasies wat die ANC erg teleurgestel het nie.  In sommige gevalle het dit met erge geweld gepaard gegaan, en heelwat sake wat daaruit voortspruit, sal ook in die nabye toekoms in die howe weerklank vind.
     
    Op talle plekke is die registrasie ook deur betogings gekenmerk.  Die Landless People's Movement was grootliks hiervoor verantwoordelik, en by sommige plekke het dit met geweld en beskadiging van eiendom gepaard gegaan.
     
    Aan die Oos-Rand in Benoni is drie persone gearresteer wat probeer het om 'n tent wat vir registrasiedoeleindes opgerig is, af te ruk.  In die PWV was daar selfs pogings om registrasiepunte aan die brand te steek.  Dan was daar ook opstootjies in Eldoradopark waar 'n man en vier vrouens gearresteer is omdat hulle mense probeer keer het om te registreer.  Ook in Kaapstad en Durban was daar moleste wat tot botsings met die polisie gelei het.  Talle voorvalle van intimidasie in verskeie provinsies het voorgekom waar opstokers mense wou verhoed om te registreer.
     
    Dan was daar ook die gebruiklike onbevoegdheid en onbekwaamheid om dinge goed en reg te organiseer.  So is daar talle plekke waar tente nie betyds afgelewer is nie, en registrasie nie op die bestemde tyd kon begin nie.  Altesaam 150 registrasiepunte het laat geopen.  Dan is daar dubbele spanne na sekere stemdistrikte gestuur wat groot chaos veroorsaak het.  Minstens drie boere het ook registrasiebeamptes van hul plase geweer en geweier dat hulle toegang tot die terreine kry.  In ander gevalle het registrasiebeamptes eenvoudig nie aangemeld vir diens nie.
     
    Politieke partye het hul diepe ontsteltenis daaroor uitgespreek dat potensiële kiesers 'n absolute gebrek aan belangstelling getoon het om te registreer.  Daar heers veral groot kommer oor jongmense wat sedert die vorige verkiesing 18 geword het, en skynbaar nie belangstel om te registreer nie.  Daar herregistrasies nuwe registrasies so ver oortref het, is nog 'n saak wat tot groot kommer en ernstige besorgdheid gelei het.
     
    Meningsopnames het reeds getoon dat slegs 48% van die kiesers belangstel om te gaan stem.  Die vraag word gevra of die skielike frontverandering van die ANC om wel kiesers in die buiteland te laat stem, iets te make het met die plaaslike gebrek aan belangstelling, en dat hulle darem wil bewys dat daar iewers belangstelling heers om aan die ANC-bestel deel te neem.  Hierdie frontverandering kan weer die VF+ bevoordeel, soos al gewoond geraak is met ANC-besluite.
     
    Die HNP beoordeel hierdie tendens as 'n positiewe bevestiging van sy standpunt dat kiesers nie moet registreer nie, en ook nie gaan stem nie.  Alhoewel dit tans die meeste swartes is wat nie belangstel nie, toon dit dat daar selfs in daardie geledere apatie bestaan omdat die ANC nie sy verkiesingsbeloftes nakom nie.  Hulle reken dus dat dit sinloos is om te gaan stem.
     
    Die HNP oordeel dat dit reeds 'n aanduiding daarvan is dat die Nuwe Suid-Afrika besig is om in duie te stort, en dat selfs swartes nie genoeë neem met die wyse waarop die ANC-regime hul belange behartig nie.
     
    Die HNP se standpunt is dat daar geen sprake van verset teen die Afrikaner se politieke vyande kan wees deur ewe gemoedelik met hulle sosiaal in die parlement en in die wandelgange saam te verkeer, en jou dan te beywer vir selfbeskikking nie.  Die HNP beskou nie die ANC en sy meelopers as politieke opponente nie, maar as politieke vyande.  Daarom moet daar verset teen die huidige bestel aangeblaas word, en moet Afrikaners aangemoedig word om nie te registreer nie, en nie te stem nie, maar die ANC-bestel van buite te bestry.
     

Terug na voorblad

Blad van die Herstigte Nasionale Party van Suid Afrika

Posbus 1888 PRETORIA 0001 Epos afrikaner@hnp.org.za
14 November 2003

  Politieke partye kan nie eers al die geld uitmors wat hulle van belastingbetalers kry

    (Deur Jakkie Basson)


    DIE geld wat die verskillende politieke partye uit die belastingbetaler se sak kry, is soveel dat 'n groot aantal van hulle nie eers in staat is om dit alles uit te gee nie.  Alhoewel daar voorskrifte bestaan waarvoor die geld aangewend moet word, dek dit so 'n wyse spektrum dat hulle feitlik daardeur onderhou kan word.  Hulle hoef bykans geen geld van hul ondersteuners te kry nie.
     
    Hierdie geld wat so ontvang word, is slegs bedoel vir partye wat in die parlement verteenwoordig is.  Derhalwe ontvang die HNP nie 'n sent van geld wat so vir die partye uitgedeel word nie.
     
    Die ANC alleen het bykans R1 miljoen ontvang wat hy nie kon bestee nie.  Die presiese bedrag beloop          R978 000.
     
    Altesaam R67,4 miljoen belastingbetalersgeld word aan politieke partye beskikbaar gestel.  Daarvan ontvang die ANC as die grootste politieke organisasie bykans 'n derde, naamlik R21,6 miljoen.
     
    Ander politieke partye wat ook soveel geld ontvang het dat hulle dit nie alles kon uitgee nie, is die DA wat nog R222 000 in sy beurs oorhet.  Die VF self het nog R63 000 oor.  Dan is daar nog die Federale Alliansie van Louis Luyt wat R38 000 nie bestee het nie, en die UCDP met R4 000.
     
    Daar is ook partye wat meer geld uitgegee het as wat hulle ontvang het.  Die organisasie wat die diepste in die rooi is, is die IVP wat met R410 000 oorbestee het.  Die UDM het ook te veel uitgegee, naamlik R142 000 te veel.  Ook die NP het meer uitgegee as wat hy ontvang het, naamlik R75 000.  Ander wat ook dieselfde gedoen het, is die kleiner partye soos die Minority Front met R24 000, Azapo met R4 000 en die AEB met R2 000.
     
    Dan het die PAC in stryd met wetgewing oor die beheer van fondse uit belastingbetalersgeld ontvang, geen geouditeerde state voorgelê nie.  Dié organisasie het R6,036 miljoen uit die staatskas ontvang.
     
    Daar is ook van die ander partye en organisasies wat nie die voorskrifte van die wet nagekom het nie.  Die vraag is wie gaan die AEB se skuld betaal, aangesien die party nie meer bestaan nie.  Die leier van die party, mnr Cassie Aucamp het oorgestap na die Nasionale Aksie.  Maar die AEB self het opgegaan in die VF+.
     
    Hierdie skenking uit die staatskas beteken dat politieke partye onder die nuwe bedeling in die Nuwe Suid-Afrika nie meer afhanklik is van geldelike bydraes van hul ondersteuners nie.  Die staat staan daarvoor in.
     
    Die wet bepaal dat die geld van die staat ontvang word, aangewend moet word vir kantooradministrasie, betaling van personeel wat hulle mag aanstel, aankoop van vaste bates, propagandamateriaal, reël van politieke vergaderings en reis en verblyf,
     
    Die inligting wat nou bekend gemaak is, raak die periode tot Maart vanjaar.  Die oorgrote hoeveelheid geld wat vir die huidige boekjaar bestee sal word, sal aangewend word vir die verkiesing.  Dit beteken dat belastingbetalers beveg word met geld wat hulle self tot belasting bygedra het, en nou deur politieke partye gebruik word om hulle te beveg.
     
    Hierdie probleem geld in die besonder die HNP wie se lede ook belastings betaal, maar nie aan die verkiesing deelneem nie.
     
    Die HNP is heeltemal afhanklik van fondse wat deur sy lede en sy ondersteuners bygedra word om voort te bestaan.  Daar is nie sprake van staatsfondse vir die party nie, aangesien hy nie in die parlement verteenwoordig is nie, en glad nie belangstel in die ANC se verkiesing en die ANC-bestel nie.
     
    Maar sy opponente ontvang almal geld uit die staatskas om hom te beveg.
     

Terug na voorblad

Blad van die Herstigte Nasionale Party van Suid Afrika

Posbus 1888 PRETORIA 0001 Epos afrikaner@hnp.org.za
14 November 2003

Afrikaners benut nie hul koopkrag in Afrikaans

    (Deur Jakkie Basson)


    DAAR is weer in 'n ondersoek vasgestel dat die Afrikaner die grootste koopkrag in die land verteenwoordig.  Nogtans is Afrikaans die afskeeptaal in hierdie land, en is dit Afrikaners se eie skuld dat hulle taal in hierdie droewige toestand verkeer.  Afrikaners verkies dikwels om in Engels met mede-Afrikaners hul besigheid te doen.
     
    Geen taal kan op hierdie wyse vooruitgaan nie, en moet uiteindelik stagneer en sterf.
     
    Die beginsel dat die reg altyd aan die kliënt se kant is, word nie deur Afrikaanse kliënte opgeëis nie, en om een of ander rede sien hulle slegs voordeel daarin om hul besigheid in die enigste uitheemse taal in Suid-Afrika te bedryf, naamlik Engels.  Dit is 'n skande op die Afrikaner, en 'n aanduiding van sy algehele gebrek aan selfrespek.
     
    In die  nuutste ondersoek deur 'n Alle Media Produksiestudie is aangedui op welke terreine die Afrikaner die sterkste staan, en waar sy taal, Afrikaans die deurslaggewende faktor behoort te wees.
     
    Daar is vasgestel dat Afrikaners die tweede meeste gegradueerdes van alle taalgroepe in die land verteenwoordig.  Daarbenewens maak Afrikaners die grootste aantal vakmanne in die land uit en beskik hulle oor die meeste ander naskoolse kwalifikasies.
     
    Die terreine wat geïdentifiseer is waar die Afrikaner die grootste impak het, is finansiële produkte wat insluit polisse en mediese versekering.  So is die Afrikaner die groep met die meeste lewensversekering en die meeste uitkeerpolisse in die land.  Hulle het die meeste uittree-annuïteite en begrafnispolisse, en loop voor wat betref lidmaatskap van mediese skemas.  Hulle maak ook die meeste van alle taalgroepe gebruik van outomatiese bankmasjiene en telefoon en internetbanktransaksies.
     
    Ander aspekte waar die Afrikaner sterk staan as verbruiker, is huisopknapping en tuinbou, toerisme, lees en klassieke sowel as ligte musiek.  Hulle eet graag uit, koop minstens een keer per maand gemiddeld wegneemetes, en drink graag koffie.
     
    Daar word aangevoer dat Afrikaners 'n dramatiese invloed op die sakewêreld kan hê indien hulle sou aandring op die gebruik van hul eie taal.  Ongelukkig gebeur dit nie, en is die oorgrote hoeveelheid Afrikaners maar tevrede dat al hul besigheid vir hulle in Engels gedoen word, selfs deur maatskappye wat daarvoor bekend is dat hulle Afrikaanse direkteure het, en in Afrikanerhande verkeer.
     
    Bemarkingskenners voer aan dat maatskappye wat Afrikaners bedien, moet kennis neem van die uiters sterk posisie wat Afrikaans beklee, en dat dit hulle suur sal bekom indien hulle dit sou ignoreer.  Die teendeel is egter ongelukkig waar, in dié opsig dat Afrikaners weier om daarop aan te dring dat daar met hulle in hul eie taal sake gedoen word.  Die oorgrote meerderheid Afrikaners aanvaar dit maar dat daar met hulle in Engels sake gedoen kan word, selfs deur maatskappye wat onder Afrikaanse leiding staan.
     
    Daar word aangevoer dat een van die redes daarvoor is dat die Afrikaanssprekendes maar gelate die nuwe konstitusionele bedeling van die ANC aanvaar het en baie positief voel oor die democracy wat op hulle neergedaal het.  Hulle voel selfs dat hulle ook hul deel wil bydra tot die uitbou van die Nuwe Suid-Afrika.  Nogtans is daar groot ontevredenheid en selfs ontnugtering oor die kommuniste se beleid van swart bevoordeling, en word dit aangevoer as rede vir die ontstellende groot emigrasiesyfers van Afrikaners wat die land verlaat om elders 'n heenkome te gaan soek.  Die behandeling van veral jongmense is so groot dat hulle voel dat hulle gedwing word om elders hul heil te gaan soek.
     
    Dit word algemeen aanvaar dat kundigheid op hierdie wyse verlore gaan. Suid-Afrika het uiters duur betaal vir die opleiding van hoogs geskoolde mannekrag, maar dat die buiteland die vrugte daarvan pluk, deurdat hulle nooit hul kennis in hul eie land aanwend nie, maar dat ander lande dit gratis en verniet kry.  Hulle kry opgeleide mannekrag sonder dat hulle 'n sent daarin belê het.  Dit, terwyl die kommunistiese ANC-regime op grond van ideologiese oorwegings toelaat dat die beste mensemateriaal eenvoudig verlore gaan omdat hulle deur swart bevoordeling onkundige in onbevoegdes aanstel wat nie die werk kan doen nie.  En dit is hoofsaaklik Afrikaanse jongmense wat die slagoffers hiervan is.
     
    Dit beteken ook dat die stand van Afrikaans hierdeur benadeel word.  Baie potensiële Afrikaners wat 'n groot bydrae tot die handel en Afrikaans in die sakewêreld kan bydra, gaan as gevolg hiervan verlore, iets wat die land met sy al hoe groter wordende agterstande skaars kan bekostig.
     

Terug na voorblad

Blad van die Herstigte Nasionale Party van Suid Afrika

Posbus 1888 PRETORIA 0001 Epos afrikaner@hnp.org.za
14 November 2003

Gaan VF+ ook aansluit by DA-IVP-koalisie?

    (Deur Jakkie Basson)


    NAMATE die 2004-verkiesing nader kom, word die paniek in opposisiegeledere al sterker omdat besef word dat daar nie doeltreffend teen die ANC se swart getalle opgetree kan word nie.  Dit lei tot allerhande krisisoptrede omdat besef word dat die opposisie nie teen die ANC opgewasse is nie.
     
    Die groot vraag is wat die VF+ gaan doen.  Op eie bene is hulle te swak om enigsins te hoop om 'n doeltreffende aanslag teen die ANC-meerderheid te voer.  Daar word ook al meer besef dat die KP weinig stemme tot hul geledere toegevoeg het, en vestig eerder hulle hoop op ontnugterde ondersteuners van die NP wat nie meer bereid is om dié party te steun nadat hy gaan inkruip het by die ANC nie.  Daar word besef dat die NP se dae getel is, en dit kan vir die VF+ 'n paar stemme in die sak bring.
     
    In sy propagandamateriaal maak die VF+ egter reeds gebruik van die name van sowel die DA as die IVP maar word geen aanduiding gegee in welke verhouding hulle tot hierdie partye staan, en of daar met hulle saamgewerk sal word nie.  Kiesers word egter wel sterk gewaarsku om nie te versuim om te registreer en uiteindelik te gaan stem nie.
     
    Gatsha Buthelezi het reeds tydens die Tsjakadag-vieringe 'n uitnodiging aan die VF gerig om kragte met hulle saam te snoer. Dit sal die DA in groot verleentheid plaas, aangesien hulle nie die IVP se entoesiasme deel om met die VF+ geassosieer te word nie.
     
    Buthelezi en die IVP was reeds voor die 1994-verkiesing met sowel die VF as met die KP in alliansie toe Cosag en die Vryheidsalliansie nog bestaan het.  Dit sal dus slegs 'n hernuwing van 'n ou vriendskap wees.  Dit sal egter geweldige ongemak in DA-geledere veroorsaak wat inderdaad glad nie met hierdie party en sy leiers vereenselwig wil word nie.  Hul Joods-liberale agtergrond is die grootste struikelblok in hierdie verband.  Dit is twyfelagtig of Buthelezi sy nuwe vennote, die DA geraadpleeg het voordat hy hierdie uitnodiging aan die VF+ gerig het.  Derhalwe is dit vir die DA, en veral sy leiding nou so 'n groot verleentheid.
     
    Voorheen was die DA en die VF reeds in 'n soort van 'n ooreenkoms met die oog op die plaaslike verkiesings.  Die doel was hoofsaaklik om kragte saam te snoer om te verseker dat die ANC nie by die stembusse verneuk nie.  Maar die bykoms van die KP om die VF+ tot stand te bring, bring uiteraard 'n heel nuwe dimensie aan die saak, en is hulle uiters huiwerig om met die VF+ in 'n verhouding betrokke te raak.
     
    Andersyds is Buthelezi erg bekommerd daaroor dat daar nie genoeg kragte bestaan om selfs 'n middelmatige opposisie teen die ANC tot stand te bring nie.
     
    Dr Pieter Mulder maak as leier van die VF+ gebruik van dieselfde argument wat die NP gebruik het in die vorige verkiesing, naamlik dat daar verhoed moet word dat die ANC 'n tweederde meerderheid behaal.  Die NP het daarteen gewaarsku, maar na die ontbinding van die DA-alliansie, by die ANC gaan inkruip.  Hy was dus oneerlik in sy propanganda deurdat, terwyl hy gewaarsku het teen 'n tweederde meerderheid deur die ANC, dit uiteindelik hy was wat aan die ANC sy tweederde meerderheid besorg het.
     
    Dr Mulder maak allerhande sommetjies om kiesers te wys op die gevaar om nie te registreer nie, en hoe dit dan daarop kan uitloop dat hulle versuim kan veroorsaak dat die ANC 'n tweederde meerderheid verkry.  Hy jaag ook kiesers die skrik op die lyf deur te waarsku dat die ANC met 'n tweederde meerderheid in 'n posisie verkeer om die Grondwet te kan wysig.
     
    Met die hulp van die NP wat hom reeds 'n tweederde meerderheid gegee het, beskik die ANC in elk geval reeds oor die vermoë om die Grondwet te wysig.
     
    Nou wil dr Mulder eers die moontlike samewerking met die IVP-DA-alliansie met sy partygenote bespreek voordat hy tot 'n besluit kom.
     
    Hy voer ook as verskoning aan hoekom hy die name van die DA en die IVP gebruik het, die argument dat hulle die grootste politieke opposisiepartye is, en dat dit inderdaad hul getalle is wat moet verhoed dat die ANC sy tweederde meerderheid verkry.  Daardeur benadruk hy egter die VF+ se eie impotensie en die feit dat sy eie drie parlementslede teen die 400 verteenwoordigers in die parlement so onbeduidend is dat dit skaars die moeite werd is om na hulle te verwys.
     
    Dr Mulder oorweeg dus 'n ooreenkoms met die DA sowel as die IVP baie ernstig, maar selfs die UDM en Patricia de Lille het 'n soortgelyke ooreenkoms reeds summier van die hand gewys.
     

Terug na voorblad

Blad van die Herstigte Nasionale Party van Suid Afrika

Posbus 1888 PRETORIA 0001 Epos afrikaner@hnp.org.za
14 November 2003
HOOFARTIKEL
Registrasie misluk

    DIE kommunistiese ANC-regime se pogings om ongeveer 10 miljoen kiesers te laat registreer vir die naweek van 9 en 10 November vanjaar het op 'n reuse mislukking uitgeloop.  Skaar 10% van hierdie ideaal is bereik.
     
    En dit te midde van die miljoene rande wat op die veldtog vermors is.  Reklame het ingesluit duisende der duisende plakkate in onaantreklike kleure, asook TV en radio-advertensies wat insgelyks geld by die hope ingesluk het.  Alles belastingbetalersgeld wat daardeur verkwis is.
     
    Dit sou voorbarig wees om dit as 'n oorwinning vir die HNP te vertolk.  Want dit sluit ook duisende (ja, miljoene) swartes in wat nie die moeite gedoen het om te gaan registreer nie.  Veral die jong swartes wat net agtien geword het en vir die eerste keer kon gaan stem, het nie opgedaag nie.
     
    Dit beteken dat nog so 'n veldtog (met dieselfde geldverkwisting) en waarskynlik nog een as dit ook misluk, gehou sal moet word.
     
    Watter boodskap hou dit in?  Een van nie-belangstelling.  En dit is belangrik, aangesien daar 'n algemene ontnugtering is oor die ANC se onbevoegdheid om die land ordentlik te regeer.  Die jong swartes kry nie werk nie, en hulle armoede word al groter.  Van die ouer geslag sê al (selfs in Soweto) dat hulle terugverlang na die dae van apartheid.  En dit het die HNP al herhaaldelik gesê: die ANC en die swartes is nie in staat om die land te regeer nie.
     
    Dit is een van die redes waarom weggebly moet word van die stembus. Deur deel te neem, word jy deel van die bestel wat so klaaglik misluk en nie kan regeer nie.  As jy deelneem, moet jy ook verantwoordelikheid aanvaar vir die mislukking.
     
    Die HNP het egter op beginselgrondslag gesê dat Afrikaners nie moet registreer en ook nie stem nie.  Want jy kan nie saam met die ANC sosiaal verkeer en dan nog aanvoer dat jy in verset teen die ANC en sy bestel is nie.  Jy is òf deel daarvan, òf jy staan daarbuite.  As jy daarbinne is, is jy deel van die mislukking.  Al is jy in opposisie, want dan beteken dit dat die opposisie nie in staat was om die regerende organisasie in die bek te ruk en tot sy sinne te bring nie.
     
    Daarom staan die HNP buite die bestel, erken hom nie, en wag dat hy in duie stort sodat die Afrikaner op die wel aangewese tyd weer beheer kan oorneem.
     
    Dit beteken egter nie om met gevoude handjies te sit nie.  Daar moet doelbewus met ywer en met doelgerigtheid georganiseer word sodat die HNP uitgebou kan word om 'n mag in die politiek te word.  Dit sal niks help as die HNP swak is, die bedeling in duie stort, en die HNP nie in staat is om iets daaraan te doen nie.
     
    Daarom moet elkeen sy plig doen om die HNP se organisasie sterk te maak en sy koerant uit te bou.  Anders gaan die HNP en diegene buite die bestel ook aan die slaap gevang word.  En dit kan katastrofies wees.

    Afrikaans, ons moedertaal

    DAAR is al herhaaldelik bevind dat Afrikaans die potensiaal het om as die sterkste taal in die land na vore te tree.  Ook wat betref sy koopkrag, aangesien die Afrikaner oor die getalle en die inisiatief beskik om in die handelswêreld sy stempel af te druk.
     
    Dit maak dit des te tragieser dat Afrikaners weier om in hul eie taal sake te doen, selfs met mekaar.  Daar sal 'n drastiese gesindheidsverandering moet kom.  Die Afrikaner sal moet leer om aan te dring op erkenning van sy eie taal, Afrikaans, en nie op te hou totdat hy tevredenheid kry nie.
     
    Selfs van ons gehardste Afrikaners versuim om dit te doen.  Wat nog van diegene wat nie so ernstig oor hul taal is nie.  Afrikaans is die moeite werd om te handhaaf en uit te bou.  Laat ons daarvan erns maak.
     

Terug na voorblad

Blad van die Herstigte Nasionale Party van Suid Afrika

Posbus 1888 PRETORIA 0001 Epos afrikaner@hnp.org.za
14 November 2003
PERSPEKTIEF DEUR GAWIE

     

    Vervolging van volksmoord


    Die HNP het al dikwels in die verlede melding daarvan gemaak dat die Blanke, en die Afrikaner in die besonder, onderwerp word aan 'n volksmoord in hierdie land. Die HNP het ook op verskeie kongresse aandag aan die saak gegee en is 'n kongres in totaliteit daaraan gewy om uit te wys hoe die optrede van die huidige regering neerkom op volksmoord.

    Dit wil voorkom of ander organisasies in Afrikanergeledere nou ook tot hierdie besef gekom het en inderdaad iets aan die saak wil doen. Dit is verblydend en kan samewerking oor hierdie saak waarskynlik daartoe lei dat die Afrikaner in hierdie land tot beweging gebring word indien hulle ook tot die besef gebring word dat 'n volksmoord plaasvind.

    Met die totstandkoming van die Internasionale Strafhof met sy setel in Den Haag, is daar waarskynlik nou geleentheid vir die Afrikanervolk om 'n saak voor hierdie hof te stel en dat die Afrikaner onderwerp word aan 'n volksmoord. Die Statuut van die Internasionale Strafhof is op 17 Julie 1998 te Rome deur 120 van die 160 state wat teenwoordig was, aanvaar. Interessant is dat die VSA en Israel teen die aanvaarding van hierdie statuut gestem het. Aan die einde van Desember 2000 het 139 state (waaronder die VSA) die statuut onderteken en 27 state (waaronder Suid-Afrika), die statuut geratifiseer. Hierdie hof is geskoei op die Nuremberg Tribunaal wat na afloop van die Tweede Wêreldoorlog daargestel is en waartydens 24 Nazi-lede verhoor is, waaronder Rudolf Hess en Hermann Goering. Die groot verskil is dat die nuwe hof die beginsel van legaliteit onderskryf, laasgemelde wat behels dat die misdrywe vooraf omskryf is, en nie ex post facto nie, soos wat die geval met Nuremberg was. Slegs “misdrywe” gepleeg na 17 Julie 1998 sal ook in aanmerking kan kom voor hierdie hof. Onlangs het twee spesiale internasionale straftribunale “misdadigers” van Rwanda en Joegoeslawië verhoor, waaronder Slobodan Milosevic. Die gevoel wêreldwyd was dat n permanente hof daargestel moes word, eerder as wat 'n hof slegs vir bepaalde gevalle daargestel moes word.

    Een van die misdrywe wat deur nuwe Internasionale Strafhof verhoor sal word, is “genocide”. Die ander is misdrywe teen die mensdom, oorlogsmisdade en dade van aggressie. Die misdryf “genocide” (volksmoord) is reeds in 1948 deur die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies aanvaar. Dit behels dat enige handeling wat met die opset uitgevoer word om 'n nasionale-, etniese-, rasse- of godsdienstige groep te vernietig, hetsy gedeeltelik of in totaliteit, as volksmoord beskou word. Dit sluit in die moord op lede van sodanige groep, die aanrig van ernstige liggaamlike of geestelike leed aan die lede van hierdie groep of omstandighede wat teweeg gebring word spesifiek ten einde hierdie groep fisies uit te wis asook stappe wat geneem word om geboortes te beperk in hierdie groep en ook stappe wat geneem word om kinders van hierdie groep teen hulle wil te verskuif na 'n ander groep.

    'n Etniese groep word beskou as 'n groep waarvan die lede 'n gemeenskaplike taal en kultuur het en kan die misdryf slegs gepleeg word teen 'n groep en nie ook teen 'n indiwidu nie. Dit is ook nie nodig om te bewys dat die groep daadwerklik uitgewis word nie, maar enige handeling of versuim om op te tree waar 'n plig bestaan om op te tree en wat gerig is op enige van hierdie doelwitte, kan as volksmoord beskou word. Die dader moet 'n spesifieke opset hê om sodanige misdryf te pleeg en duidelik kennis dra waarmee hy besig is. Indien sulke dade plaasvind in 'n staat word dit in elk geval geag dat 'n persoon kennis dra van sy dade. Ook afbrekende taal (vergelyk maar “kill a boer, kill a farmer”) wat teenoor hierdie groep gebruik word, kan as volksmoord beskou word. Internasionale juriste is dit eens dat indien 'n rassegroep 'n ander rassegroep wil assimileer met die (hoof-)groep, dit ook as volksmoord beskou word.

    Dit behoef seker nie veel betoog om aan te toon dat die moorde op boere, die skeldtaal wat deurgaans teenoor Afrikaners gebruik word, die algemene vlakke van misdaad wat veral gerig is teen Afrikaners, regstellende aksie wat lewensomstandighede vir Afrikaners onuithoudbaar maak sodat talle hulle werk verloor en derduisende hulle toevlug in die buiteland soek, die onteiening van plase en ander gebeure, 'n mens tot die gevolgtrekking bring dat daar tans 'n volksmoord teen die Afrikaner woed nie.

    Ingevolge die Statuut van die Internasionale Strafhof het hierdie hof slegs jurisdiksie om  persone te vervolg en nie ook regerings nie. Die Internasionale Geregshof het wel die bevoegdheid om state te verhoor. Indien die Afrikaner 'n saak sou wou uitmaak  teen die regering sou dit waarskynlik geteiken moet wees teen die president as hoof van die regering (en dalk ook teen sommige ministers). Anders sou die Internasionale Geregshof genader moet word.

    Die vraag is natuurlik of so 'n saak gevoer behoort te word. Moet die Afrikaner die “buiteland” se hulp inroep? Ons standpunt was altyd dat ons 'n soewereine volk is wat geen buitelandse inmenging duld nie. Maar dan is dit ook so dat die Afrikaner in die verlede (toe hy nie regeer het nie) wel deputasies na die buiteland gestuur het om sy saak te stel. Die saak het waarskynlik baie potensiaal in dié opsig dat indien meerdere organisasies kan saamwerk daartoe, tot soveel as 500 000 handtekeninge gekry kan word om die saak na die Internasionale Strafhof te neem. Dit sal die Afrikaner se saak ook op die internasionale agenda plaas (veral weens die propagandawaarde daarvan) en sal die wêreld kennis neem van wat werklik in Suid-Afrika aan die gebeur is. Dit sal ook 'n bewuswordingsveldtog van stapel stuur in Suid-Afrika onder Afrikaners en ander Blankes wat tot dusver nie eers van hierdie feite kennis geneem het nie. Nie eers ons eie mense is almal bewus hoe omvangryk die grondeise is wat reeds in hierdie land ingestel is en wat dit tot gevolg gaan hê nie. Geen grond gaan vir Afrikanerboere oorbly nie! Die saak sal egter 'n klomp kostes meebring wat die Afrikaner, wat reeds teen die grond is, nog verder sal tap.

    Die vraag mag wel gevra word of, indien die saak verloor sou word (of nie eers aangehoor word nie), dit nie juis negatiewe publisiteit tot gevolg sal hê en die Afrikaner se saak skade sal aandoen nie. Hierdie hof het boonop die bevoegdheid om te beslis of hy n saak sal aanhoor of nie en niemand kan hierdie bevoegdheid in twyfel trek nie. Gevolglik mag dit 'n risiko wees om die saak enigsins aan te roer, maar moet die ander voordele opgeweeg teenoor hierdie nadeel. Die behoort in elk geval 'n aanduiding vir enigiemand te wees dat die Afrikaner nie sal toelaat dat verder op hom getrap word nie. Dit kan wondere doen vir Afrikanerselfrespek. Dit is immers ook 'n saak wat nie onderhewig is aan parlementêre goedkeuring of parlementêre deelname nie, maar is dit juis 'n aangeleentheid wat buite en teen hierdie bestel gevoer sal word.

    Hierdie saak behoort baie dringend oorweeg te word en moet daar met ander organisasies in gesprek getree word. Dit is 'n daad van verset wat Afrikaners in beweging sal bring.


Terug na voorblad
